Night at the Opera is ’n unieke reis deur die mees geliefde opera-arias deur die Steinway-kunstenaar, Charl du Plessis.

Die program word uitgevoer, deur die Charl du Plessis-Trio, sonder sangers in die gebruiklike jazz-styl van die trio.

Die Charl du Plessis-trio is sedert 2006 van die voorste vertolkers van “crossover” musiek, met tientalle toekennings en sewe albums agter hul naam. Die Trio het vir die afgelope sewe jaar gespesialiseer in nuwe verwerkings van Barokmusiek, en waag nou hul hand aan die wêreld van opera.

Dié genre leen hom tot unieke nuwe verwerkings met ’n wye reeks van emosies en klankteksture wat sommige van die wêreld se mooiste melodieë insluit. Night at the Opera sluit in wêreldbekende arias uit Die Towerfluit (Der Hölle Rache),Rigoletto (La donna è mobile), Tosca (E lucevan le stelle), en vele meer.

Met: Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas) en Peter Auret (tromme)

Vervaardiger: MENTOR-produksies

Night at the Opera
Genre: Opera
Taal: Veeltalig
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R130
Plek: NG Moederkerk, Oudtshoorn
Datum: Donderdag | 9 Aug | 14:30

Klein Karoo Klassique 2018


Night at the Opera


Night at the Opera


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply