baroqueswing
Roekeloos
11 Augustus
Roekeloos
11 Augustus
Die internasionaal bekende Charl du Plessis-trio, beklemtoon die ritmiese vitaliteit van gewilde Barok-komposisies.
Gaan luister hoe gesofistikeerde jazz-verwerkings klink van onder meer Antonio Vivaldi se Vier Seisoene, Johann Pachelbel se Kanon en Johann Sebastian Bach se Orkessuite no. 3. Die trio speel musiek gemik op jazz- en klassieke musiekfynproewers.
Met: Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas) en Hugo Radyn (tromme)
15 August • 15h00 • St Salvator Katedraal • R100 • 70 minute