Wie moet betaal vir die eerste afspraak? Die man of die vrou?
Die man natuurlik, sê meeste ongetroude mans. It’s Just Lunch, ‘n maatskappy wat spesialiseer in afsprake vir enkellopendes wêreldwyd, het ‘n opname gedoen onder ‘n paar duisend van hul kliënte. Hiervolgens meen 82% van alle enkellopende mans dat die man moet betaal, dit terwyl 46% van alle enkellopende dames glo die rekening moet gelykop verdeel word.
Wanneer die kelner by die tafel kom vir drankies en die persoon saam met wie jy is sê hulle drink nie sal 62% van die mans ‘n koeldrank of water bestel. Vrouens gee meesal nie om of die man iets drink of nie, 41% van hulle sal ‘n glas wyn bestel al bestel die man net ‘n glas water.
Ander neigings wat It’s Just Lunch se opname toon is:
- 32% van mans sal nie vir jou sê as daar kos in jou tande vassit nie; 55% van die vrouens gaan jou egter daarop wys.
- 80% van enkellopendes bespreek hul gunsteling eetplekke voor die eerste afspraak.
- Gewilde eetplekke vir die eerste afspraak is 46% Italiaans, 19% Steakhouse en 8% Frans
- Wat wyn betref verkies die meeste enkellopende mans merlot. 58% van hulle sal egter nie rooi bestel indien die dame wit verkies nie. Gewoonlik val die keuse dan op chardonnay.
- 75% van enkellopende vrouens sal hul eie bottel wyn verkies indien hul smaak verskil van die van die man.
- Terwyl 82% van die mans sal verkies om die dame by die huis te kry sal 46% van die dames verkies om op eie houtjie tot by die restaurant te kom.
- Wie doen wat as hulle steak nie reg gaargemaak is nie? 39% van die mans gee nie om nie en eet verder terwyl 70% van die vrouens dit op ‘n mooi manier aan die kelner sal verduidelik.
En maak seker die kelner se fooitjie is goed. 61% van alle vrouens gaan jou lae punte gee indien jy net die standaard 10% of minder gee.