Radio Raps Live

Sê-goed soos “Da vat hy”, “Okeey” en “Olraait” is nou algemeen onder Suid-Afrikaners wat nie onder ‘n klip geleef het die afgelope ses maande nie.

Dit is alles te danke aan die Internet kanaal, Radio Raps, en ‘n karakter met die naam Jonathan. Te danke aan ‘n klein webtuiste genaamd Youtube, is Jonathan nou dié ou by elke byeenkoms. Dit is baie moontlik dat drie mense of meer, rondom ‘n tablet of mobiele foon sal saamdrom en skaterlag vir wat Jonathan aanvang.

As jy nog nie oortuig is nie, hier is die feite: Radio Raps se oorspronklike material van Jonathan op Youtube is vinnig oppad na 2 miljoen kyke in slegs agt maande en gelykstaande aan nege jaar se aanhoudende kyke sonder ophou. Uitverkoopte vertonings op sy skedule is ‘n daaglikse verskynsel en met televisie verskynings aan die kom, filmrolle wat lok en bemarkers wat oor hulle voete val, is daar werklik geen manier om te voorspel waarheen hierdie karakter nog oppad is nie. Dit is slegs ‘n kwessie van tyd voordat elke person, oraloor presies sal weet wat hierdie ou bedoel wanneer hy sê “Da vat hy!”.

Jonathan dra altyd so ‘n skewe groen hoedjie en sy snaaksse oomblik was toe ‘n ou by ‘n vertoning die hoedjie vir R2 500 by hom wou koop! Die hoedjie kos maar R2,50! By sy eerste volwaardige vertoning, wat ‘n uur lank was, het hy na die vertoning vir twee ure lank handtekeninge uitgedeel! Sy eerste CD DA VAT HY Vol.1 bestaan uit van sy gewildste grappe en stories sowel as splinternuwes.

Jonathan is 25 en 26 Augustus by die Klein Libertas-teater in Stellenbosch. Kaartjies kos R100. Die vertoning begin om 20h00.

Besprekings: klt@kleinlibertasteater.co.za of 021 883 8164

Lewer kommentaar

Leave a Reply