David Goldblatt en William Kentridge is die groot kanonne by die eerste Prins Albert Kunstefees (PArt) die naweek van 28 September. Meer as 30 van Suid-Afrika se voorste visuele kunstenaars sal die naweek in die dorpie wees vir die eerste fees.
Die tema van vanjaar se fees The Vulnerable Landscape, heel gepas met die bedreiging van hidroliese breking in die Karoo.
Daar sal nuwe werke beskikbaar wees van Goldblatt en Kentridge, sowel as iets nuut van Hylton Nel en Hermann Niebuhr. Ander kunstenaars sluit in Mikhael Subotzky (Standard Bank se Kunstenaar van die jaar vir 2012), Philip W. Badenhorst, Strijdom van der Merwe, Neels Coetzee, Guy du Toit, Charmaine Haines, Nico Masemola, Derek McKenzie, Hannalie Taute en Anthony Shapiro.
Meer inligting is beskikbaar by karoogallery@intekom.co.za of 023 5411 057.
Voorsmakie: