Liefde, Anna

Liefde, Anna bring die formidabele Anna Neethling-Pohl in al haar onsterflike glorie as aktrise, taalstryder en vuurvreter na die verhoog – met Sandra Prinsloo in die naamrol van haar eertydse mentor.

Dit is ’n viering van een van die kleurrykste pioniers van Afrikaanse toneel. Tye van swaarkry en triomf speel in haar geestesoog af waar sy op haar sterfbed lê. Sy herleef hoogtepunte en sleutelfigure uit haar lewe besoek haar.

Liesl Marx het omvattende navorsing gedoen vir die teks, geskryf deur Schalk Schoombie. Regisseur Louis van Niekerk het lank saam met Tant Anna gewerk.

Première.

Met: Sandra Prinsloo, Deon Lotz & Gustav Gerdener
Teks: Schalk Schoombie
Regie: Louis van Niekerk

Aardklop 2012

Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: Geen
Vervaardiger: GZ Productions & Liesl Marx Produksies

Plek: kykNET Gimmies, Potchefstroom
Tyd: 80 minute
Kaartjies: R100
Datums: 2 Okt. – 09:30, 3 Okt. – 20:00, 4 Okt. – 09:30, 5 Okt. – 13:00, 6 Okt. – 16:30

Anna Neethling-Pohl

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Leave a Reply