R780 miljoen vir meisies op ’n brug

Edvard Munch se skildery, “Pikene på broen” (Meisies op die brug – 1902) is Maandag in New York opgeveil vir R779,3 miljoen.

Hierdie werk van Munch het nog altyd rekords gebreek op veilings. In 1997 is dit verkoop vir $7,7 miljoen, in 2008 vir $30,8 miljoen en nou vir $54,4 miljoen.

Munch se bekendste werk, “Der Schrei der Natur” (The Scream – 1893), is in 2012 opgeveil vir meer as R1,7 biljoen.

Op dieselfde veiling kon ’n skildery van ’n vrou in ’n blou rok (1923) deur Henri Matisse nie ’n koper kry nie. Die waarde van die skildery was na raming meer as R71 miljoen.

“Le peintre et son modele” (Die skilder en sy model – 1963) van Pablo Picasso is ook opgeveil vir meer as R180 miljoen.

Meisies op die brug
Pikene på broen

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar