Toe Johannes die dag vyftig word besluit hy; tot hiertoe en nie verder nie. Hy moet sy leefstyl verander as hy langer wil leef. Wie weet, dalk sien hy nog weer die Springbokke wen.

Daai volgende Maandag verklaar Johannes hy is ’n vegetariër én hy bant. Hy begin ook draf, swem en lê langs die swembad vir ’n bietjie kleur.

Drie maande later is Johannes vyf-en-twintig kilogram ligter, sy middel ses sentimeter dunner en sy bors vyf sentimeter breër. Met die nuwe voorkoms voel Johannes dis ook tyd vir ’n nuwe styl vir die sewe oorblywende hare op sy kop.

Dis toe hy die haarkapper verlaat dat die bus hom tref. Terwyl hy daar lê, helfte van sy lyf darem nog herkenbaar … en nogal aantreklik, roep hy met sy laaste asem: “Here! Hoe kon jy dit aan my doen?”

Iewers uit die hemel klink daar skielik ’n stem: “Om die waarheid te sê Johannes, ek het jou glad nie herken nie.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply