Die kunswêreld beweeg aanlyn en die afgelope paar weke is ’n paar opwindende platforms bekendgestel wat nuwe geleenthede bied vir versamelaars om kontemporêre Afrika-kuns aanlyn te koop. Kunstefeeste beweeg ook aanlyn en een van die opwindendste virtuele kunsmarkte op die kalender is die RMB Turbine Art Fair 2020.

Die jaarlikse RMB Turbine Art Fair is altyd ‘n hoogtepunt op die Joburg-kunskalender, wat oorwegend jong en opkomende kunstenaars verteenwoordig met pryse wat wissel tussen R1,000 en ’n plafonprys van R50,000.

Die RMB Turbine Art Fair in 2020 is geheel en al aanlyn vanaf 27 Augustus tot 2 September 2020 met ’n opwindende en innoverende aanlynprogram. Elke galery wat hierdie jaar uitstal het hul eie toegewyde virtuele galery.

https://turbineartfair.co.za/

Lewer kommentaar

Leave a Reply