Naval Hill troon as ’n baken bokant Bloemfontein uit, byna soos ’n verspieder wat oor die see uitkyk. Dié heuwel en planetarium is op die rand van ‘n yslike sterrestelsel van geheimenisse waarvan talle inwoners aan die voet van die heuwel uitgesluit is – hulle is nie deel van die bevoorregte ontdekkings en visualisering van vergeleë plekke
nie.

Deur ’n reeks kreatiewe intervensies bied Die vertikale reis – waarin gekyk word na die vreemdhede in die hemelruim bo jou en die werklikhede van die alledaagse uitdagings onder jou – produksie-eksperimente op Naval Hill, Boyden-sterrewag en die woonbuurt aan die voet, om persoonlike stories te vertel en kollektiewe uitdrukking te gee. Dit word vir die duur van die fees teen Naval Hill en in die planetarium geprojekteer.

Soos in Neustetter se werk word relevante plaaslike tegnologie gebruik vir die skep van poëtiese skadubeelde, ligtekeninge en stopraam-animasie om plaaslike stories te vertel en uitdrukking te artikuleer. Hopelik sal artistieke landskappe en spekulatiewe toekomsvisioene hieruit vloei en gehore geïnspireer word om hul unieke perspektiewe tot planetariumvertonings by te dra.

Kunstenaar: Marcus Neustetter

Sig – ’n vertikale reis
Genre: Uitvoerende kuns
Taal: Meertalig
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 45 minute
Kaartjies: GRATIS
Plek: Naval Hill Planetarium, Bloemfontein
Datum: 11 Jul 18:00; 12 Jul 18:00; 14 Jul 18:00

Vrystaat Kunstefees 2018


Sig – ’n vertikale reis


Sig – ’n vertikale reis


2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar