In 2016-17 het die Australiese kunstenaar Keith Armstrong ‘n ingeburgerde mediakunstenaar in die projek Re-Future geword. Die doel met die projek is
om inwoners in informele nedersettings te bemagtig om beelde te skep van die sosiale en ekologiese wêreld waarin hulle graag sal wil woon.

Armstrong se bydrae is kreatiewe prosesse, hulpbronne en kunstige denke. Die medewerkers is benewens die inwoners, die Suid Afrikaanse NRO Qala Phelang Tala (onder leiding van Anita Venter), die Program vir Innovasie en Kunstevormontwikkeling (PIKO), die Vrystaat Kunstefees, die Universiteit van die Vrystaat en ander aktiviste. Hierdie werk vier die merkwaardige prestasies van die Bloemfonteinse agente vir verandering wat die publiek sal laat besef watter radikale nuwe idees vir mediakuns uit die scenario gevloei het.

Kunstenaar: Keith Armstrong

Vervaardiger: QUT Creative Industries

Staging change (a Re-Future project)
Genre: Uitvoerende kuns
Taal: Meertalig
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 45 minute
Kaartjies: GRATIS
Plek: Bloemfontein
Datum: 12 Jul 18:00 – Vrynge, 13 Jul 18:00 – Art Market, 14 Jul 10:00 – COB – Roodewal,

Vrystaat Kunstefees 2018


Staging change (a Re-Future project)


Staging change (a Re-Future project)


2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar