Subliminale Sublieme
Michele Rolstone gebruik verskeie vorms van drukkuns om hulde te bring aan ou Nederlandse stillewe-kunstenaars wat dikwels blomme gebruik het om emosies uit te druk en boodskappe oor te dra.

Sy herbesoek hierdie eeue oue benadering egter ook om te besin oor menswees in die midde van die hedendaagse inligtingsontploffing.

Haar benadering is obsessief en op detail gefokus. Sy verwys na die insameling van kennis oor die wêreld, maar ook hoe ons vervreemd geraak het van ons plek in die natuur. Rolstone kombineer verskillende drukprosesse van ets- tot linosneewerk om nuwe toepassings vir drukgrafika in eietydse kuns te vind.

Genre: Kuns
Ouderdomsbeperking:
Kaartjies: Gratis
Plek: US Museum, Stellenbosch
Datum: 2 – 11 Maart 09:00 – 18:00
Woordfees 2018


Subliminale Sublieme

Subliminale Sublieme


2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar