The Karoo is Joshua Miles se versameling proewe wat hy gemaak het na reise deur hierdie magiese deel van Suid-Afrika.
’n Proef is ’n afdruk wat tydens die drukproses geneem is. Dit laat die kunstenaar toe om die huidige stand van sy werk te beoordeel voor hy met die volgende laag voortgaan. Die proewe is so identies aan die finale werk as wat ’n handgemaakte druk kan wees.
The Karoo is by die Prince Albert Galery tot 22 Februarie 2021.
