Dis ’n hondelewe, maar ’n glansryke een. So sê www.vanbark.co.za se Manie van Schalkwyk oor die agt kleurryke honde-karakters wat voortaan die kollig gaan steel van diegene wat hul inspireer het.
“Die idee het ontstaan toe ons een dag sit en gesels oor die spesiale band tussen mense en hul honde,” sê Van Schalkwyk. “Ons reuse Deense hond was in die vertrek en het gereeld sy neus in die gesprek gedruk. Van daar het ons skielik gedink aan die idee om die menslike karaktereienskappe wat ons dikwels aan ons honde toeskryf in unieke brak-bekendes te vervat en dít is met veel moeite in VanBark.co.za omskep.”
Van Schalkwyk en ’n rits Suid-Afrikaanse kunstenaars het agt unieke hondekarakters op die VanBark-webruimte geskep, met sewe van hierdie hond-celebs wat karaktereienskappe met bekende sterre deel. Só byvoorbeeld is die statige Van Bark, die hond waarna die webtuiste benoem is, ’n Afghaanse hond wat sy gene met dié van Jan van Riebeeck deel. ’n Blik na sy geskiedenis wys dat Van Bark die oudste karakter op die webtuiste is. Van Schalkwyk het self elkeen van die karakters se identiteite noukeurig beskryf.
Die celebs op Van Bark sluit in die vrome en geliefde Labrador wat Good Dog heet. Sint African Angel het die gelaat van ’n reuse Deense hond en News Hound is ’n nuusleser met die besige karakter van ’n worshond. Elke karakter verteenwoordig ’n fyn vermenging van die bekende wat hom inspireer het en die tipiese eienskappe van die hond wat Van Schalkwyk gekies het.
Van Bark het besoekers vroeër vanjaar by Decorex vermaak met ’n eerste voorsmakie van die reeks produkte wat met die hond-sterre se voorkoms versier is. Die reeks produkte sluit in kussings, T-hempde en voorskote.
“Ons het die water getoets by Decorex en het sedertdien die terugvoer gebruik om die produkreeks hond-celebs te verfyn. Ons sien uit om nou die reeks aan die publiek bekend te stel by die Aardklop-fees in Potschefstroom. In Potchefstroom sal die honde aan die publiek bekend gestel word en ons stel ook bekend Angelina, die Yorkie wat ons geskep het as beskermengel van die bekende honde op die webtuiste,” sê Van Schalkwyk.
As deel van die produkontwikkeling het Van Bark die hulp van Employment Solutions in Pretoria ingeroep. Employment Solutions is ’n sosiale onderneming wat aan verstandelik en fisiek gestremde mense ’n geleentheid gee om ’n eie bestaan te voer en dié span vervaardig die produkte wat op www.vanbark.co.za te koop is. Die plaaslike vervaardiging van produkte stel Van Schalkwyk en sy Van Bark span in staat om bestellings vinnig te vervul vanuit die Van Bark hoofkantoor in Johannesburg.
“Dit is ’n vreugde om te sien hoe mense se gesigte verhelder wanneer hulle die celebs in die honde se gelaatstrekke raaksien. Met die terugvoer wat ons tot op hede ontvang het, is ons vol vertroue dat ons reeks kussings, voorskote en T-hempde ’n wonderlike manier sal wees om gesprekke te prikkel,” sê Van Schalkwyk.

Die Van Bark-platform het sy beta-toetse geslaag en die webruimte is nou gereed om handel te dryf. Om die webruimte ‘n goeie hupstoot te gee voor die Kerstyd bied ons ’n standaard-verskepingstarief vir aflewerings regoor die land. Dit gee kopers die geleentheid om nou weg te spring met Kersaankope vir vriende en familie.
Vir meer inligting, besoek gerus www.vanbark.co.za.
