Pinotage Psalms

Mense noem Schalk Joubert en Koos Kombuis die Matfield en Etsebeth van Afrikaanse musiek, die ouman en langeraat wat al soveel jare saamwerk.

Net soos goeie Pinotage word hierdie vriendskap slegs beter en dieper met die tyd. So is die liedjies ook wat die twee speel op verhoog: tussen al die goue oues is daar altyd iets nuuts, iets wat die nostalgie aanroer en `n paar harde waarhede wat die gees van die tyd perfek saamvat. Kom luister na Koos en Schalk se nuwe konsert, Pinotage Psalms, vir `n aand van ware genot en innerlike bevrediging. Dis selfs beter as die Wereldbeker-rugby!

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R130 & R150
Tydsduur: 90 minute (met 20 minute pouse)
Plek: Atterbury-teater, Lynnwood, Pretoria
Datum: 15 November 2015 – 20:00

Pinotage Psalms,
Roekeloos,
7 Oktober 2015.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar