Sergey Chilikov is bekend vir sy foto’s wat die verborge erotiek in die alledaagse opspoor.
Dié dosent in filosofie ry al die ou Sowjet-platteland plat sedert 1989 op soek na sy onderwerp. Hy sorg dat hy daar is waar mense voel hulle is vry om hulle te gedra soos hulle wil.
Dit is vreemd hoe hierdie randkultuur uit die tagtigs resoneer in vandag se samelewings.













