Vingerverhale

Die uitgestalde werke op papier (tekeninge, etse, steendrukke, collages), doek (skilderye, rolle of baniere), en as objekte (boeke, klippe) word ingedeel in tien vingerverhale.

Elke ‘verhaal’ van Breyten Breytenbach bestaan uit ‘n aantal werke en behalwe vir no. 5 oorvleuel hulle meer as een uitdrukkingsvorm – papier, doek of objek.

Die uitstalling bied nie ‘n geheeloorsig van werke wat oor vyftig jaar ontstaan het nie; die grootformaat doeke is nie
beskikbaar nie. Die groepering is eerder rondom ‘n aantal tema’s, motiewe of projekte met die klem, elke keer, op die vloei tussen die motief of die omgewing (no. 3 bevat byvoorbeeld die werke wat in die gevangenis ontstaan het) en die proses van maak.

DIE VERHALE
1 ‘n klein vasvat van wind
2 die lewensverhaal van BB in 4 volumes
3 vingermaan
4 boekdele
5 a memory of sense
6 oermoeders en abbavaders
7 voëlplaas
8 die hand se hierinneringe
9 kopklippe
10 die ek ontmoet die ander

Breyten Breytenbach
Breyten Breytenbach
Suidoosterfees

Venue: Kunstekaap Operahuis, Marble Foyer, Kaapstad
Do 31 Jan – So 3 Feb 10:00 – 22:00 (uitstalling duur tot 17 Februarie)
Prys: Gratis


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply