#Vryfees Chaotic Region – Nigel Mullins

Chaotic Region – Nigel Mullins
Roekeloos
16 Julie

Chaotic Region, ’n onlangse groep skilderye deur Nigel Mullins, werp nuwe lig op hoe ons sin uit die wêreld maak.

Deur idees te gebruik wat die ruimte tussen bygeloof en wetenskaplike humanisme naspoor, vra hy sekere belangrike vrae: Is die wetenskap en kuns teenoorgestelde pole in die soektog na begrip?
Sluit logika en verbeelding mekaar wedersyds uit? Hoeveel gee die een toe aan, of bots met die ander? Kan ons ooit ’n skeidslyn trek as dit kom by wat ons weet en wat ons dink ons weet?

Een ding is duidelik: Of ons nou die lense van wetenskap of kuns gebruik om die wêreld te ondersoek, albei het die potensiaal om ons ondersoeke te verryk en verdiep, of dit nou deur genot, skok, openbaring of verskrikking is.

Genre: Kuns
Datum: Wo – Vr: 08:00 – 17:00, Sa & So: 09:00 – 16:00
Prys: GRATIS
Plek: Oliewenhuis-kunsmuseum (Anneks-gallery), Bloemfontein

Vryfees 2014

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply