#Vryfees The Lotus Eaters – Barbara Wildenboer

The Lotus Eaters – Barbara Wildenboer
Roekeloos
16 Julie

In The Lotus Eaters ondersoek Barbara Wildenboer die nagevolge van ’n gebroke verhouding met die natuur deur die omgewingsestetika nie net as omvattend van die natuurlike gebiede te oorweeg nie, maar dit ook uit te brei na die invloed van menslike aksies op die natuurryk.

Die sentrale tema van die werk is die ritualistiese tema van water, ons komplekse verhoudings daarmee en hoe dit by tallose lewensvorme op ’n makro- en mikrovlak in die fisieke en metafisiese wêreld inskakel.

Wildenboer werk op ’n interdissiplinêre wyse en die werke in geheel bevat hand-geblaasde glas, klankinstallasie,
digitale animasie, papier- en fotokonstruksie waar gevonde/bestaande boeke en kaarte as beide verwysing en roumateriaal vir beelde dien.

Genre: Kuns
Datum: Wo – Vr: 08:00 – 17:00, Sa & So: 09:00 – 16:00
Prys: GRATIS
Plek: Oliewenhuis-kunsmuseum (Reservoir), Bloemfontein

Vryfees 2014

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply