#Vryfees SPI Nasionale Portret-toekenning, rondreisende uitstalling

SPI Nasionale Portret-toekenning, rondreisende uitstalling
Roekeloos
15 Julie

Sanlam Private Investments, in samewerking met die Rust-en-Vrede-kunsgalery, Durbanville, het Suid-Afrika se eerste nasionale portrettoekenning begin met die doel om die beste oorspronklike portretstudie in die land te vier en te vertoon.

Die KwaZulu-Natalse kunstenaar Heather Gourlay-Conyngham het die toekenning ontvang vir haar naakte mansportret getiteld “’n Jong man” (177 x 80 cm, olie op doek). Dié portretstudie het ’n verbysterende 1 783 inskrywings uitgestof om die topprys van R100 000 te wen. Dié werk saam met ’n keur van 39 ander inskrywingswerke toer in samewerking met die Sanlam-kunsversameling deur Suid-Afrika.

Genre: Kuns
Datum: Wo – Vr: 08:00 – 17:00, Sa & So: 09:00 – 16:00
Prys: GRATIS
Plek: Oliewenhuis-kunsmuseum (hoofgebou), Bloemfontein

Vryfees 2014

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar