Roekeloos
15 Julie
Dié uitstalling volg in die spore van die geslaagde Her-verbeelding-/Re-sampled-uitstalling van 2013 waarin kontemporêre kunstenaars gepoog het om die filosofiese ideale en beginsels van geskiedkundige kunswerke in die Absa-kunsversameling uit te lig.
In Re-Working the still word ’n spesiale fokus op Suid-Afrikaanse stillewekunswerke geplaas. Die uitstalling bied ’n groep jong kunstenaars die geleentheid om weer na historiese stillewes te kyk, dit te herverbeel, hervertolk en te herposisioneer. Die oorspronklike werke word saam met die nuutskeppings uitgestal. Die kurator is dr. Paul Bayliss, Absa se kuns- en museumkurator.
Kurator: Dr. Paul Bayliss
Genre: Kuns
Datum: Daagliks 10:00 – 17:00
Prys: GRATIS
Plek: Eeufees-galery, Eeufees-kompleks, Bloemfontein
