Valiant Swart & Basson Laubscher
Roekeloos
15 Julie

Valiant Swart span sy kitaarvennoot Basson Laubscher in vir ‘n akoestiese tweemanvertoning.

Vir meer as twee dekades al vermaak Valiant gehore dwarsoor Suid-Afrika met sy liedjies en stories oor sy lewe as ruk-en-rol troebadoer; soms skreeusnaaks, soms vol weemoed en nostalgie.

Basson Laubscher het bekendheid verwerf as kitaarspeler van die Afrikaanse rock-groep Zinkplaat. Hy is al vir die afgelope sewe jaar ook ‘n lid van Valiant se orkes. Nie net is hy ‘n wyd gerespekteerde elektriese blues-meester nie, maar ook ‘n formidabele akoestiese kitaarspeler met ‘n verskeidenheid style in sy arsenaal. Sy solo-debuutalbum is onlangs uitgereik.

Met hul kitare saam op die verhoog is Valiant en Basson se vertoning ‘n belewenis vir enige gehoor. As jy lus is vir uithaler-vermaak, neem jou geliefdes en jou vriende en geniet ‘n gesellige aand saam met twee van Suid-Afrika se top-kunstenaars by Die Boer Restaurant Teater op Vrydag 25 Julie om 20:30..

Kaartjies kos R120 en kan bespreek word by 021 979 1911.

Basson Laubscher en Valiant Swart
Basson Laubscher en Valiant Swart

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply