Valiant Swart & Basson Laubscher
Roekeloos
15 Julie

Valiant Swart span sy kitaarvennoot Basson Laubscher in vir ‘n akoestiese tweemanvertoning.

Vir meer as twee dekades al vermaak Valiant gehore dwarsoor Suid-Afrika met sy liedjies en stories oor sy lewe as ruk-en-rol troebadoer; soms skreeusnaaks, soms vol weemoed en nostalgie.

Basson Laubscher het bekendheid verwerf as kitaarspeler van die Afrikaanse rock-groep Zinkplaat. Hy is al vir die afgelope sewe jaar ook ‘n lid van Valiant se orkes. Nie net is hy ‘n wyd gerespekteerde elektriese blues-meester nie, maar ook ‘n formidabele akoestiese kitaarspeler met ‘n verskeidenheid style in sy arsenaal. Sy solo-debuutalbum is onlangs uitgereik.

Met hul kitare saam op die verhoog is Valiant en Basson se vertoning ‘n belewenis vir enige gehoor. As jy lus is vir uithaler-vermaak, neem jou geliefdes en jou vriende en geniet ‘n gesellige aand saam met twee van Suid-Afrika se top-kunstenaars by Die Boer Restaurant Teater op Vrydag 25 Julie om 20:30..

Kaartjies kos R120 en kan bespreek word by 021 979 1911.

Basson Laubscher en Valiant Swart
Basson Laubscher en Valiant Swart

2.5


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply