Is jy gereed vir die grootste Retro-partytjie ooit in Suid-Afrika! Die wêreld se grootste retro-fees kom na Pretoria op 10 Januarie en Kaapstad op 11 Januarie 2025, met die grootste kontingent van gewilde internasionale dansers en platejoggies uit die 80’s en 90’s wat nog ooit in Suid-Afrika op een slag bymekaargekom het.

100% RETRO I THE PARTY het ‘n A-lys-reeks wat onmiddellik ‘n snaar sal tref by 80’s en 90’s musiekliefhebbers en van hulle beste herinneringe sal opdiep.

Op die verhoog vir net een aand in Kaapstad en Pretoria: Right Said Fred, 2 Brothers on the 4th Floor, Whigfield, DJ Sammy, Tina Cousins ​​en DJ Sash. Saam met en ‘n magdom plaaslike 90’s DJ’s, insluitend Alex Jay, Shawny B en Ryan O’Connor.

Wie onthou “I’m Too Sexy” en “Stand up for the Champions” – liedjies wat die Britse dansgroep Right Said Fred wêreldbekend gemaak het. Dieselfde geld vir Whigfield se “Sexy Eyes” en “Saturday Night”, wat net twee van hul vele internasionale treffers was. Hulle liedjies het steeds ‘n groot teenwoordigheid op die speellyste van groot klubs regoor die wêreld en hulle vermaak steeds musiekaanhangers van alle ouderdomme.

Van die treffers wat die ander kunstenaars bekend gemaak het, is “Ecuador” deur SASH en DJ Sammy se “Heaven”.

“Die musiek en kunstenaars wat ons na Suid-Afrika bring verteenwoordig ‘n groot persentasie van musiekaanhangers en, durf ek dit sê, middeljarige partytjiediere wat ietwat afgeskeep voel wanneer dit by die 80’s en 90’s gebeure en partytjies kom,” sê Shawny B, een van SA se gewildste en veelsydige retro DJ’s.

Retro-kenner en mede-aanbieder van die 100% Retro, Alex Jay, verduidelik wat dit voorafgegaan het: “Die organiseerders het uitgebreide navorsing gedoen, en die 100% Retro-konsep bedien ‘n groot mark van musiekliefhebbers. Dit gaan die partytjie van alle partytjies wees om die jaar mee af te skop. Ons is super amped!”

Vrydag 10 Januarie 2025 by SunBet Arena Pretoria

Saturdag 11 Januarie by Grand Arena Grand West in Kaapstad

Kaartjies by www.itickets.co.za

Right Said Fred
Right Said Fred

Lewer kommentaar

Leave a Reply