Suid-Afrika se geliefde Mango Groove gaan op Sondag 12 Januarie 2025 `n merkwaardige mylpaal vier met `n spesiale konsert by Kirstenbosch Gardens wat hul 40ste jaar as `n groep mee afskop. Mango Groove is al vanaf die 80`s `n huishoudelike naam en bekoor gehore al vir dekades met hul unieke mengsel van pop, marabi en kwela ritmes.
Die groep se ikoniese voorsanger, Claire Johnston, sê: “ons kan nie dink aan `n beter manier om die jaar mee te begin nie. Hierdie konsert is vir ons meer as net `n vertoning. Dit is `n viering van 40 jaar en ons is baie opgewonde om hierdie mylpaal te vier by ‘n plek so spesiaal soos Kirstenbosch, wat soveel kosbare herinneringe vir ons hou. Dit gaan nie net oor die viering van Mango Groove nie; dit gaan oor die eer om deel te kon wees van Suid-Afrika se reis as nasie en al die mense wat ons oor die dekades ondersteun en geïnspireer het. Verwag ‘n nag van vreugde, dankbaarheid en samehorigheid.”
Die Kirstenbosch-konsert beloof om ‘n unieke ervaring te wees. Gehore kan uitsien na ‘n magiese aandpiekniek onder die sterre, met Mango Groove se tydlose klassieke musiek soos “Special Star”, “Dance Some More” en “Moments Away”. Die konsert sal ook skitterende beeldmateriaal, persoonlike staaltjies, nostalgiese herinneringe en ‘n paar heerlike verrassings bevat.
Om hierdie historiese mylpaal te herdenk, sal Mango Groove ‘n eksklusiewe reeks handelsware by die geleentheid bekendstel. Aanhangers kan uitsien na memorabilia met beperkte uitgawe, viniel-heruitgawes, getekende items en spesiale versamelstukke.
Sarah Struys, Events and Tourism Bestuurder by die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI), deel haar gedagtes oor die komende konsert:
“Ons is verheug om Mango Groove aan te bied vir hierdie spesiale viering van 40 jaar. Die musiek van die groep het ‘n unieke vermoë om mense bymekaar te bring, en hierdie herdenkingsvertoning is die perfekte voorbeeld van die samesyn en eenheid waarvoor Kirstenbosch bekend is. “
Inligting en Kaartjies:
Datum: Sondag 12 Januarie 2025.
Time: Hekke maak 16:00 oop, konsert begin 17h15.
Venue: Kirstenbosch National Botanical Garden, Kaapstad.
Kaartjies: Slegs by Webtickets of by Kirstenbosch Gardens.
Let asseblief daarop dat kaartjies wat by enige ander bron as Webtickets of by Kirstenbosch Gardens gekoop word, nie gewaarborg kan word nie. Konsertgangers word aangemoedig om vroeg te bespreek om hul plek te verseker en teleurstelling te vermy. Kaartjies word benodig vir kinders van 6 jaar en ouer.
Konsertgangers kan kosopsies van verkopers op die perseel geniet of piekniekmandjies saambring. Voorafbestel etes is ook beskikbaar by die Kirstenbosch Fynkos of Moyo Restaurant tot vyf dae vooruit. Soos met alle Kirstenbosch-konserte, is dit ‘n nie-rookgeleentheid, en streng afdwinging sal van toepassing wees.
Moenie hierdie onvergeetlike viering van musiek, kultuur en herinneringe misloop nie. Deel jou ervarings en sluit aan by die gesprek met #KBRocks.
Vir meer inligting gaan na Webtickets of kontak Kirstenbosch National Botanical Gardens.