Robbie Williams het met sy stuitige glimlag tot by no.1 in die VK gekom, maar in Suid-Afrika behoort no.1 aan Steve. Na die super-sukses van die Nag van die Legendes-DVD kom A Beautiful Noise – On A Hot August Night, Steve Hofmeyr se buiging aan Neil Diamond, lewendig opgeneem by Carnival City. Hy klink meer soos Neil Diamond as Neil Diamond self – maar Steve bring sy eie styl na die musiek van een van rock se mees suksesvolle liedjieskrywers.
