Roekeloos,
30 Augustus.
’n Opwindende samekoms van twee kunstenaars vanuit teenoorgestelde spektrums van ons land se musiek.
Andriëtte het ’n reuse-stem. Schalk is ’n baskitaar-virtuoos. En die oomblik wanneer hulle saam begin musiek maak, maak alles sin.
Hulle pak ’n intieme, dog energieke reis aan waarin hulle hul eie musiek en van vele Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Johnny Clegg en Miriam Makeba tot dié van internasionale sterre soos Paul Simon besoek. Schalk kan dit speel, Andriëtte kan dit sing.
Dié produksie, met van Suid-Afrika se beste musikante, beloof om opwindend, insiggewend en van die hoogste gehalte te wees.
Première
Met: Andriëtte Norman en Schalk Joubert
Genre: Musiek
Taal: Afrikaans & English
Ouderdomsbeperking: Almal welkom
Tydsduur: 70 minute
Kaartjies: R 100
Plek: Laerskool Mooirivier, Potchefstroom
Datum: 8 Oktober 17h00 & 9 Oktober 109h00
