Mathys Roets en Jacobus Silwer neem ons op reis met die bekendste Afrikaanse musiek van die laaste paar dekades. Met liedjies soos “Lisa se klavier”, “Sonvanger”, “Vier seisoene kind”, “Droomvrou” en “Kinders van die wind” deel hulle ’n Afrikaanse reis van hulle jong dae tot nou.
Dis musiek wat almal aan herinneringe bind. Kragballades wat jou vir ‘n oomblik sal laat stilstaan ​​om te onthou.
Afrikaans, die taal van my hart!

23 – 25 Februarie by Die Boer Teater Restaurant in Durbanville

Kaartjies kos R240-00 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Mathys Roets en Jacobus Silwer 2024
Mathys Roets en Jacobus Silwer

Lewer kommentaar

Leave a Reply