Magda Louw vertel die storie van Magda Louw en haar man Erhard, wat deelneem aan ‘n werklikheidsreeks, waar ’n kameraspan hulle volg om hul dag tot dag lewe – met ‘n paar onverwagse kinkels en kabels – te dokumenteer.
Volgens Desiree is Magda Louw ‘n “tong-in-die-kies” en “knop-in-die-keel” kykie op die onvermydelike dinge in die lewe, soos oudword, tyd en die feit dat ons niks kan doen om die arm van die horlosie te laat stilstaan nie.
“Dit gee ook ‘n blik op die uitdagings wat ma-wees bied, huweliksprobleme, hoe om jpu lewenspad saam met een mens te stap, menopouse, die uitdagings van die middeljare, jaloesie en botoks.”
Desire sê om Magda te speel is een van die lekkerste ondervindings van haar loopbaan.
“Maak nie saak wat jy doen nie – hoe mooi jy oudword, hoe gesond jy leef of hoe baie ons van mekaar verskil nie – die een ding is seker: ons almal word oud. En ons is almal net tydelik hier, terwyl ons almal sukkel om elke oomblik te waardeer en werklik te ervaar.”
Daar is ‘n bietjie “Magda Louw” in elkeen van ons en elke dorp het beslis ’n “Magda Louw”… of dalk meer as een!
By Die Boer teater restaurant in Durbanville
27-29 Februarie & 1 Maart
Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

