African Explorations
In 2011 het Liesl Stoltz begin met ’n post-doktorale projek om Suid-Afrikaanse kunsmusiek-komponiste en veral hul fluitkomposisies te bevorder.

Dit het gelei tot talle uitvoerings en slypskole met werke deur Stefans Grové, Hendrik Hofmeyr, Alexander Johnson, Peter Klatzow, Paul Hanmer, Paul Loeb van Zuilenberg, Roelof Temmingh en Braam du Toit, veral by die Internasionale Fluitfees in Parys in 2017. Nou sit sy dié verkenning voort met komposisies deur jonger komponiste soos Robert Fokkens, Jan-Hendrik Harley, Adrian More en Conrad Asman.

Met: Liesl Stoltz (fluit), Peter Martens (tjello) en José Dias (klavier)

Vervaardiger: Stoltz Produksies

Genre: Klassieke musiek
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R110 | R130 by die deur
Plek: Fismer, Stellenbosch
Datum: 11 Maart 11:00
Woordfees 2018


African Explorations

African Explorations


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply