Ryno Velvet keer terug na Die Boer teater restaurant in Durbanville, die 15de Julie vir wat hy beskryf as ’n onmisbare aand uit.
Die Boer, ’n legendariese teater restaurant in die hart van die noordelike voorstede van Kaapstad, vier hulle 18de bestaansjaar onder die wakende oog van Margit Meyer-Röndenbeck en Jurgen Human … en Velvet is geen vreemdeling.
“Dit was en sal altyd ’n voorreg wees om by Die Boer op te tree, jy kan die aura en energie voel met die intrapslag.”
Ryno Velvet beplan om in samewerking met Die Boer ’n onvergeetlike aand op te dis, met musiek, samesyn en Die Boer se spyskaart.
“Die Boer vertonings is altyd uniek in hul eie reg. As kunstenaar weet jy jou gehoor is in die beste hande en word baie goed na omgesien. Dit maak elke optrede by hulle ’n droom” meen Velvet.
Die vertoning maak deel van Ryno Velvet se Ai My Lam Toer wat in Maart 2023 afgeskop het en landswyd opgevoer word.
“Om te toer en vir aanhangers te kan vertel wat voorlê, wat die afgelope twee jaar plaasgevind het en net te kan gesels, is wat hierdie toer vir my tot dusvêr ongelooflik besonders maak” voeg Ryno by.
Om nie hierdie optrede van Ryno Velvet in lewende lywe die 15de Julie 2023 mis te loop nie, besoek Die Boer Durbanville se webtuiste: www.dieboer.com Jy kan ook die teater skakel by 021 9791911 vir besprekingsbesonderhede.
