Richann Brüssow, die Vrystaatse skaapboer en talentvolle liedjieskrywerse se splinternuwe enkelsnit is “Al Kom Die Reën”. Die liedjie, wat sy eie ware verhaal vertel, neem luisteraars op ’n emosionele reis van liefde, beloftes en die hoop wat selfs die laatste reën bring.
“Al Kom Die Reën” vertel die verhaal van ’n boer wat hopeloos verlief is op ’n beeldskone dame in ’n langafstandverhouding. Hy droom daarvan om met haar te trou, maar die reën kom daardie jaar laat—en sonder reën is daar geen moontlikheid vir die ring nie. Met ’n hart vol liefde belowe hy om haar op die plaas te kry, selfs al kom die reën bietjie laat. Die liedjie is geskryf deur Richann Brüssow en vertel die ware storie van die oploop na sy eie verlowing, gevul met die spanning en opwinding van ’n liefde wat uiteindelik sy beloning vind.
Die vrystelling van hierdie enkelsnit word verder versterk deur Richann se nuutgeslote kontrak met Universal Musiek, wat saam met hom hande vat om hierdie liedjie aan die wêreld bekend te stel. Daarby kom ’n indrukwekkende musiekvideo wat die storie van die liedjie visueel tot lewe bring, en wat sekerlik die harte van luisteraars sal roer.


“Ek is baie opgewonde om ‘Al Kom Die Reën’ met almal te deel,” sê Richann. “Hierdie liedjie is nie net ’n musiekstuk nie; dit is ’n stuk van my hart en my eie verhaal van liefde en geduld.”

Richann Brüssow
Richann Brüssow

Lewer kommentaar

Leave a Reply