In hierdie wêreldpremière van Hennie Aucamp se heerlik ondeunde skaterlag-saterspel sit twee verouderende ‘boesemvyande’, Beulah en Freda, skielik met ’n asemrowende jong Adonis op die voorstoep – en voor iemand kan keer, is die jakkals los in die hoenderhok.
Hierdie slegs-vir-volwassenes komedie van stoute maniere wys dat die hart (en ander ledemate) nie sommer aftree nie, en dat ’n mens nooit té grys is vir nóg een laaste rol in die hooi nie.
MET Dean Balie, Marcel Meyer & Anzio September SKRYWER Hennie Aucamp REGIE Fred Abrahamse ONTWERP Marcel Meyer & Fred Abrahamse VERVAARDIGERS Abrahamse & Meyer Productions, in samewerking met Suidoosterfees
29 April 21:00, 30 April 19:00 & 21:00, Afrikaans, Arena Teater, Kaapstad, Geen o. 18 N, 30 minute, R100

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
