Hierdie twee briljante Suid-Afrikaanse kitaarspelers/sangers/liedjieskrywers gooi hulle talente saam vir ’n eenmalige optrede by die Boer teater in Durbanville op 9 April. Hoewel albei hierdie musikante hul tande geslyp het op die blues, het hulle style en oor ’n wye reeks van genres ontwikkel.

Albert Frost is ‘n SAMA-bekroonde blues- en rockkitaarspeler en het gehore wêreldwyd met sy talent vasgevang. Van vroeg af is hy die “Suid-Afrikaanse Hendrix” genoem en hy hetgegroei tot ‘n musikale krag met ‘n styl en klank wat heeltemal sy eie is… nie net as kitaarspeler nie, maar ook as liedjieskrywer.

Gerald Clark het begin as die dinamiese voorsanger van die Delta Blue band, maar sing vandag sy sielvolle blues en liefdesliedjies regoor die wêreld!

Met Clark (wat nou in die Tsjechse Republiek woon) is dit ‘n seldsame geleentheid om hierdie twee lewenslange musikale vriende saam te te sien optree.

By Die Boer teater in Durbanville om 20:30

Kaartjies kos R230

Bespreek:: 021 979 1911 / www.dieboer.com

Gerald Clark
Gerald Clark

Lewer kommentaar

Leave a Reply