Amber verwys na ’n oranjebruin edelsteen of beteken vlugtig, temperamenteel, vrolik en aandadig. Ombré is die verandering van lig na donker en van donker na lig.
Amanda Strydom, pianis Coenraad Rall en tjellis Susan Mouton weef ’n musiek en-woordkleed met die skakerings van donker na lig in hierdie kabaret – met musiek, stories en poësie. Van verdriet en venyn tot vrolik en verspot.
MET Amanda Strydom, Coenraad Rall en Susan Mouton TEKS, REGIE EN VERVAARDIGER Amanda Strydom MUSIEKREGIE Coenraad Rall
2 April 2023, 18:30 3 April 2023, 14:00
Absa Burgersentrum, Oudtshoorn
KKNK
