Met klavier, kitaar en haar unieke stem neem Andriëtte Norman jou op ‘n musikale reis deur die liedjies wat haar hart gevorm het. Van Suid-Afrikaanse legendes tot die tydlose treffers van Elton John en Air Supply, van die nostalgie van die goeie ou vinyl-dae tot haar splinternuwe enkelsnit “Uyenze” – elke lied vertel ‘n storie.Verwag eerlike emosie, groot stemwerk, humor, herinneringe en musiek wat diep tref.Kom beleef die klankbaan van Andriette se lewe in ‘n intieme vertoning wat jou sal laat lag, onthou en saamsing.
Een aand. Een kunstenaar. ‘n Hele leeftyd se musiek.
Met Klavier- Rainer Jadischke; Kitaar- Ruan Theron
3 September by Die Boer Teater in Durbanville: 021 979 1911/ www.dieboer.com

