Anna Davel linger longer

Dit was nie moeilik om verlief te raak op ‘n van era van pêrels, die big band swing en die Charlston nie. Anna Davel het weereens haar gunsteling 15 liedjies gekies van 1920 af tot nou en saam met Matthys Maree, die vervaardiger van haar vorige 5 albums Linger Longer opgeneem. Die album word in die Kaap vir die eerste keer bekendgestel op 2 Mei in die Kaap by een van haar gunsteling venues – die Boer Restaurant Teater.

Die album bestaan uit ‘n seleksie van liedjies wat oor byna ‘n eeu hul merk gemaak; Liedjies op die album waarna mense kan uitsien is “Can’t take that away from me”, “Bewitched”, “Bothered and bewildered”, “Papa loves Mambo”, “Live till I die”, “To make you feel my love”, “Baby Grand”, “Beyond the Sea”, “Sway”, “Let’s never stop falling in love”, “Somewhere over the rainbow”, “Let there be love”, “The lady is a tramp”, “Those were the days”, “Boulevard of Broken Dreams” en “Smile”. Die nostalgiese musiek het dadelik gemaklik gevoel in haar rustige jazz en swing aanslag en saam met top SA jazz musikante het hulle ‘n nuwe album opgeneem van musiek wat tydloos sal bly. ‘n Keur van hierdie liedjies word deur Anna en Matthys uitgevoer.

Die title is nie verniet Linger Longer, en vir dekades al draai liedjies van Frank Sinatra, Bob Dylan, Perry Como, Tony Bennet, Dean Martin, Etta James, Louis Armstrong, en ja selfs Charlie Chaplin in die geheue van duisende mense! Die rede daarvaar sê Anna is: “omdat die liedjies so ongelooflik goed geskryf is. Jy kan dit totaal stroop, en net met klavier doen, en die lirieke, akkoorde en samestelling van hierdie liedjies is so weldeurdag en briljant, dat dit alleen kan staan. Moderne popmusiek (met heelwat uitsonderings, ek luister na heelwat goeie pop) het soveel nodig in die agtergrond om dit te laat gebeur, dat die woorde en betekenis dikwels onbelangrik word.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply