Lara Smit – Boernooi

‘n Groot ensemblestuk oor Lara Smit, ‘n rebelse boeremeisie wat moeg is vir pa en ma se oordrewe konserwatisme, die Afrikaner se hardkoppigheid, en politici se speletjies met mense se lewens. Sy gaan slaap een aand en droom dan van haar ontsnapping aan al hierdie goed. Haar vryheid is in ‘n woud en haar droom neem ons deur haar worsteling om by die woud uit te kom.

Dit is semi-kabaret met pragtige ensemblespel, snaaks, aanskoulik en baie vermaaklik. En ja, sy kom wel in haar droom by die woud uit, wat dan ‘n pragtige slottoneel is.

Hierdie stuk wys wat in drie maande gedoen kan word met ‘n groep splinternuwe, onervare akteurs. Net twee van die groep het verhoogondervinding op hoërskoolvlak. Dit word aangebied deur die Hoërskool Durbanville se Toneelgroep.

Cederberg Kunstefees 2009

Kaartjies: Volwassenes: R20 per persoon. Leerders: R5 per persoon.
Besprekings by Cederberg-feeskantoor. Telefoon 027 482 1090.
NG Kersaal, Clanwilliam

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar