
Anna Davel kuier die week in die Paarl en bied ’n program van gunsteling musiek uit haar repertoire van die afgelope 10 jaar, asook verskeie nuwe komposisies. Saam met haar op die verhoog is die talentvolle klavierspeler, Ramon Alexander.
Anna skryf tans fluks aan ’n nuwe album en die gehoor kan uitsien na kraakvars liedjies wat vir die eerste keer gehoor sal word. Natuurlik sal ’n paar ou gunstelinge deel maak van die program. Onder dié tel “Die gypsy in jou oë” en “As jou hart reg klop”. Daar is ook musiek van CD Linger Longer, wat bestaan uit Jazz Swing, afgestof en opgejazz, musiek soos bekend gemaak deur onder andere Frank Sinatra en Nat King Cole.
Dus … ’n splinternuwe show met ‘n verskeidenheid so reg in Anna se styl; jazzy, smeulende latino ritmes, swinging bossa nova’s en ’n paar oorspronklike heuning-ballades vir die somber siele.
Anna Davel is 18 Augustus om 20h00 by die Ou Meulteater in die Paarl. Kaartjies kos R80. Bespreek by 083 564 00 56 of vicky@oumeulteater.co.za .
