Asof vir die eerste keer

Laurinda Hofmeyr se album, Reis na die Suide is in 2008 vir verskeie toekennings benoem.

Hierdie jaar is sy terug in gestroopte gedaante. Vir die eerste keer kan gehore haar beleef sonder baskitaar en sonder tromme. Net sy en ’n klavier … en natuurlik van die mooiste woorde in Afrikaans!

Laurinda se inspirasie is gedigte – van Boerneef tot Breytenbach. En haar hart se verlengstuk was nog altyd die klavier. Sy kan speel. En sy kan woorde laat sing sodat jy wil luister. Nou aanvaar sy die uitdaging van ’n solovertoning met sang en klavier: elke noot en elke woord eenvoudig, blootgelê.

Die bekende liedjies uit Perd oor die maan is daar. Ook seleksies uit die albums Ligdag en Reis na die Suide met verfrissende nuwe klank. Verwag ook splinternuwe verrassings!

Waar en Wanneer:

Asof vir die eerste keer – 1 Julie 2009 by Die Pienk Kerk
Kaartjie prys: R140 per persoon, dit sluit ‘n 2-gang maaltyd in. Bring jul eie drank.
Adres: 24 Chatoustraat Richmond, Johannesburg. Die Pienk Kerk is op die hoek van Chatoustraat, 1ste Laan en Landau Terrace in Richmond (langs Melville)

Besprekings: Ann Toerien 083 618 3848 anntoerien@gmail.com
Nohline Geyer 083 450 9369 nohline@gmail.com

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar