Agamemnon: ‘n Brokkie groteske Africana

Midde die bokse vol opgegaarde oud-Africana en ‘n opstand onder die Afrikanerdom heers ‘n matriargale Klutaimnestra en haar lafhartige minnaar, Aigistos, met ‘n ysterhand oor die volk.

En hulle heers soos wafferse Afrikaners betaam: hou van ‘n kru woord hier en daar, vrees ‘n man met ‘n panga, ly aan vervolgingswaan en draai die rug so elke nou en dan op die dinge in die land wat hulle verkies om nie raak te sien nie.

Deel van die Reza de Wet-tienertoneelfees 2009

Volksblad Kunstefees 2009

Tydsduur: 90 min
Koste: R 30
Plek: Albert Wessels-ouditorium (AWO)

Lewer kommentaar

Leave a Reply