Michael Jackson 1958 – 2009

Die koning van popmusiek is dood. ‘n Era in popmusiek het gister tot ‘n einde gekom met die dood van Michael Jackson aan ‘n hartaanval op die ouderdom van 50 jaar.

Michael Jackson se loopbaan het reeds op die ouderdom van 11 jaar begin as lid van The Jackson 5 saam met sy broers.

Michael Jackson in 1984
Michael Jackson in 1984
Hy is nie sonder rede die Koning van Pop genoem nie. Vier van sy albums, Off the Wall (1979), Bad (1987), Dangerous (1991) en HIStory (1995), was onder die wêreld se beste verkopers. Sy album Thriller (1982) is steeds die wêreld se beste verkoper van alle tye. Ure na Jackson se dood was Thriller die nommer een verkoper op iTunes. Michael Jackson het 13 Grammy-toekennings ontvang.

Sedert 1993 was daar aanklagte van kindermolestering teen Jackson. Na die laaste aanklag in 2005 en die daaropvolgende hofsaak waarin hy onskuldig bevind is, het Jackson die VSA verlaat en in Bahrein gaan woon.

Michael Jackson se gewildheid word onderstreep deur die druk wat Google se nuusbedieners ondervind het na berigte van sy dood bekend geraak het. Vir amper een uur lank was daar soveel navrae vir “Michael Jackson”, dat die nuusbedieners dit as ‘n geoutomatiseerde aanval beskou het.

‘n Nadoodse ondersoek word vandag gedoen om presies te bepaal wat sy dood veroorsaak het.

Lewer kommentaar

Leave a Reply