Blues en Susters

Hierdie vertoning wil die konsep van jazz en blues van volksvreemd na volkseie verander deur die gehoor met onder andere ons eie volksliedjies soos “Suikerbossie”, “My Sarie Marais” en “Jantjie” op ‘n uitsonderlike musikale manier aan te bied.

Die manier waarop Ollie Viljoen ’n storie kan vertel, is al klaar genoeg om na uit te sien. Hy is ’n lewende legende, besonderse musikant en unieke storieverteller.

Ander musikante van uitstaande gehalte word ook hier ingespan: Anna Davel, wat geen bekendstelling nodig het nie, Schalk Joubert, die wenner van menige Kannas en ander pryse, asook top vryskutmusikant, die formidabele saksofoonspeler, Lou-Ann Stone, BMus gradiënt van Stellenbosch, lid van ESP Fusion jazz groep en Sarie-joernalis en Kevin Gibson, Suid-Afrika se voorste tromspeler wat jare lank saam met Johnny Clegg opgetree het. Almal het wat dit verg om van hierdie produksie ’n verrykende musikale ervaring te maak nie.

Die spannetjie is op 25 Julie by Die Boer in Durbanville. Moet dit nie misloop nie!

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply