“Dis soos om ‘n ou emosie nuut te voel, maar nader, omdat jou eie taal anders en dieper met jou praat. Ek sou dit nooit kon dink nie.” Dit is wat ‘n musiekkenner en verrasde Bob Dylan aanhanger sê van digter en sanger Koos van der Merwe se poetiese Afrikaanse herskeppings van tydlose Dylan treffers soos Mr. Tambourine Man, Blowing In The Wind, Make You Feel My Love en The Times They Are A Changin’.

… help my deur die rook verdwyn deur newels van die gees deur tye lank vergeet, verby blare ysig koud bome van verskrikte hout, verwaaide strande sout ver van die wrede klou van gekke smarte in die sterrelig wil ek kan dans met een hand wat vry kan waai ‘n silhoeet daar in die baai, deur die sirkus-sand omring met my lot en my geheue deur die golwe weggevee ja, laat my van vandag vergeet tot more hei! meneer die tamboerynman speel ‘n lied vir my …

Bob Dylan vir die Afrikaanse siel
Bob Dylan vir die Afrikaanse siel, Koos van der Merwe

16 Maart 2023 by die DrostdyTeater in Stellenbosch. 17 Maart sing hy Leonard Cohen.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Wat ‘n fenomenale belewenis in Afrikaans op Bob Dylan se melodiee. Dit het my my hart omgedop en uitgeskud en weer nuut volgemaak met passie vir my eie taal.

Lewer kommentaar

Leave a Reply