Mirre en aalwyn is ’n plekspesifieke drama wat afspeel op ’n plaas net buite Oudtshoorn.
Jessie keer ná baie jare terug na haar ouerhuis met magiese idees in haar kop en konfrontasie in haar hart. Tydens haar besoek leer haar familie dinge wat hul hare laat rys. Jessie se lewensuitkyk bedreig die status quo. Wat eens die wilde drome van ’n dogtertjie was, word die slagtersmes van alles waarin hulle glo. Op dié werf kan mens – as jy mooi kyk – soms die verlede met al sy drogbeeldein die maanlig sien en, as jy baie dapper is, dalk die raaiselagtige toekoms.
Ná hul suksesvollesamewerking op die kassie in flieks soos Die vredesduiwe en Op straat, kry Nicola Hanekom en Amalia Uys uiteindelik kans om Mirre en aalwyn na Oudtshoorn te bring, nadat dit in 2020 uitgestel is.
MET Amalia Uys, Daneel van der Walt, Gretha Brazelle en Alyssa van Reenen
KKNK
31 March 2023, 18:30 1 April 2023, 18:30 2 April 2023, 18:30 3 April 2023, 18:30 4 April 2023, 18:30 5 April 2023, 18:30 6 April 2023, 18:30