Bosveldklong vat wors vas

Thys die Bosveldklong is deel van die span wat op Jeugdag gaan probeer om die wêreldrekord te breek vir die langste wors wat ooit gebraai is sonder dat dit breek.

Die 500m-lange stuk wors gaan by die Windpompfees in Mookgophong (Naboomspruit) gebraai word. Die vorige rekord staan op 321 m. Die res van die span bestaan uit die groep Saarkie en AfriForum Jeug.

Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, sê die gebraaide wors sal na onderskeie ouetehuise in die omgewing versprei word en pensionarisse sal ook gratis etes op dié dag kan geniet.

Die Windpompfees vind vanjaar vir die vierde keer plaas en sal na verwagting deur sowat 10 000 mense besoek word.

GPS koördinate vir Windpompfees: 24º29’32.92″ S en 28º44’22.70″E

Thys die Bosveldklong
Thys die Bosveldklong

Lewer kommentaar

Leave a Reply