
Op 10 jarige ouderdom was dit al duidelik dat Caila de Ru ’n talent het vir sing.
Nou, nege jaar later en met verskeie toekennings vir sang agter haar naam, is Caila besig om die land aan die brand te sing.
Sy is tuis in omtrent al wat ’n genre is, van pop, ligte musiek, Country en Afrikaans, tot gewilde musiek uit musiekblyspele.
Caila was al op verskeie fees-verhoë en word gereken as een van die gewildste opkomende sangers. Indien jy haar wil bespreek vir ’n optrede skakel gerus vir Carien by 073 233 7536.