Biblioteek Musiek Produksies stel ‘n fassinerende program bekend wat die uitdrukking van droef, wanhoop en kwaad, wat ontstaan tussen bevolkingsgroepe gedurende konflik, bestudeer.
Die werke op die program strek oor dekades van geskiedkundige gebeurtenisse en sluit verwysings na die Anglo-Boereoorlog, die Amerikaanse oorlog in Vietnam, die twee wêreldoorloë asook ons eie Distrik Ses in.
‘n Toonsetting van DJ Opperman se ‘Gebed om die Gebeente’ deur Hendrik Hofmeyr word gevolg deur Kazuo Fukushima (Japan) se werk ter nagedagtenis van sy landsgenote wat omgekom het gedurende die atoomontploffings in Hiroshima en Nagasaki.
Daar is ook ‘n werk vir linkerhand (klavier) wat oorspronklik geskryf is vir Paul Wittgenstein, ‘n pianis wat sy regterhand tydens die Eerste Wêreldoorlog verloor het.
‘n Splinternuwe toonsetting van Adam Small se gedigte oor Distrik Ses deur Matthijs van Dijk is ook op die program.
Met Magdalene Minnaar (sopraan), Louisa Theart (fluit) en Ariella Caira (tjello) en Jose Dias (klavier)
Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R120
Plek: District 6 Museum Homecoming Centre, Kaapstad
Datum: Vrydag 29 April 20:00-21:00, Saterdag 30 April 13:00-14:00
Krygslied,
Roekeloos,
15 April 2016.