#suidoosterfees Hunkering na die Ses – ‘n musikale reis

Hunkering na die Ses – ‘n Musikale Reis is ‘n produksie vir stem en klavier wat uitgevoer word deur die talentvolle sopraan Lynelle Kenned en die veelsydige bariton Clint Lesch.

Die inhoud bestaan hoofsaaklik uit werke uit musicals en resoneer sterk met die temas wat regdeur die geskiedenis van Distrik 6 kenmerkend was. Dit spreek kwessies soos slawerny, burgerlike identiteitskrisis, rassespanning, verbode liefde en versoening aan in komposisies soos “I Have Dreamed” uit The King and I en “One Hand, One Heart“ uit West Side Story.

Daar word oomblikke van nostalgie vasgevang in “Once Upon Another Time” uit Love Never Dies asook in die Afrikaanse komposisies “Mali, die Slaaf se lied” deur S. Le Roux Marais, “Ek Wil Vir Jou” deur Christa Steyn en “Skemerhunkering” deur André Strijdom wat die wese van Distrik 6 op ‘n eg Suid-Afrikaanse wyse vasvang.

Die musikale items word met mekaar verbind deur uittreksels uit gedigte soos “Nothing’s Changed” deur Tatamkulu Afrika en verskaf sodoende dieper insig tot Distrik Ses en die mense wat daardeur geaffekteer is.

* DEBUUT *

Met Lynelle Kenned en Clint Lesch
Begelei deur Albert Combrink

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R110
Plek: District 6 Museum Homecoming Centre, Kaapstad
Datum: Donderdag 28 April 17:00-18:00, Saterdag 30 April 20:00-21:00, Sondag 1 Mei 11:00-12:00

Suidoosterfees 2016

Hunkering na die Ses – ‘n musikale reis ,
Roekeloos,
16 April 2016.

3

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply