Emile Minnie word deur Laurika Rauch beskryf as een van SA se top Afrikaanse liedjieskrywers. Sy het drie van Emile se liedjies op haar nuutste album opgeneem, en resensente is dit eens dat Emile se liedjies
absoluut puik is.
Emile stel nou sy nuwe Franse album, Chanson, bekend. Ou bekendes soos “La vie en rose” en “Je ne regrette rien” kry ‘n nuwe baadjie met Emile se vars verwerkings. Kom beleef die sjarme van die Franse chanson, aangebied met Emile se kenmerkende energie en styl.
Emile se Nagmusiek album is onlangs genomineer vir ‘n SAMA vir beste alternatiewe Afrikaanse album, Emile was onder die top 3 in die Huisgenoot Tempo Liedjiekompetisie, hy is genomineer vir ‘n Kanna by die KKNK, en hy was ‘n finalis in die ATKV Crescendo kompetisie.
Met die gelyknamige vertoning wissel Emile Franse liedjies af met gunstelinge van sy vorige drie Afrikaanse albums. Gehore kry ook ‘n voorsmakie van sy volgende Afrikaanse album, Supernova, wat in Januarie 2010 vrygestel word.
Besoek gerus Emile se webtuiste www.emileminnie.com
Emile sing die week by Aan de Braak in Stellenbosch.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
