Chasing the sun

Die werklike potensiaal van Karen Zoid waarop Poles Apart gesinspeel het word verwesenlik in haar album Chasing the Sun.

Die rokerige stem getuig van ‘n goed verouderde Rocker. Sy het wortel geskiet in die tradisie van kitare afknou. Ek wil so ver gaan as om te sê dat nie een van die liedjies op Chasing the Sun, wat deur haar geskryf is, enigsins minder as *goed* is nie. Die musiek is kompleks en die woorde spreek van ‘n ouer en introspektiewe siel.

“suburbs”, “ons soek rock & roll”, “deurmekaar”, “dinosaur”, “beautiful”, “verandering”, “meisie wat haar potlood kou”, “born to shine” en “gentleman’s song” luister ek oor en oor en oor. Dit is ‘n hele klomp van ‘n gewigte album met 15 liedjies.

Karen Zoid het haar boude laat dy in haar Rock Queen-troon en gaan moelik daar uitgeskud word.

Karen Zoid het haar boude laat dy in haar Rock Queen-troon en gaan moelik daar uitgeskud word.

Lewer kommentaar

Leave a Reply